Hierdie nuusbrief rig ek aan die duisende vroue wat daagliks in stryd verkeer met sekere probleme. Dilwels het hierdie probleme sy oorsprong van kinderdae af. As jy met hierdie innerlike stryd rondloop binne jouself, dan is dit met JOU wat ek praat. Hoe was/is jou verhouding met jou Vader?Eerstens moet jy nie verwag dat skade wat oor 'n tydperk van jare aangerig is, in 'n kits met die lees hiervan, herstel gaan kan word nie. Die saad van wantroue, ontevredenheid, emosionele aftakeling en seksueele misbruik wat oor die jare geplant is, begin nou opskiet en dit is derhalwe nodig dat ons hierdie onkruid in jou lewe met wortel en al sal verwyder. Dit help dus nie ons skoffel net bo langs nie, want die wortels is steeds daar en dit sal vir 3 of 6 maande goed gaan en dan kom alles maar weer terug. Gevolglik sal ons dieper moet delf en kyk waar die jou probleem sy oorsprong vandaan gekry het.
Onrealistiese verwagtinge, het dikwels die oorsprong in 'n gebrek aan behoorlike kommunikasie. Daar is 4 algemene verskynsels wat ek in jou lewe merk: Dit is 4 onkruid plantjies in jou lewe opgekom het: 1. Voorhuwelikse seks 2 Molestering 3. Egbreuk 4. Gebrek aan Kommunikasie Ek gaan in kort elkeen van hierdie punte met jou behandel. Die doel hiervan is NIE om die probleem op te los nie. Die doel hiervan is om aan jou 'n perspektief te gee oor WAT die probleem is, hoe dit ontstaan het, waar dit vandaan kom, en watter stappe geneem kan word met die uitroei van hierdie onkruid. 1. Voorhuwelikse Seks/Egbreuk Seks behels die diepgaande intimiteit en intense kommunikasie selfs in die afwesigheid van fisiese kontak. Dit is 'n begeerte na nabyheid en die uitdrukking van 'n diep persoonlike verhouding met iemand anders. Seks is deur God geskep en dit is goed. Seks is nie 'n manier waarop jy jou liefde teenoor jou maat BEWYS nie, seks BEVESTIG slegs jou liefde, dit is 'n gawe van God, wat Hy aan die mens gegee het met die doel om mekaar te geniet.. Seks buite die huwelik behels 'n sondige optrede.
Die beskrywing in 1 Korinthiers 6 is baie duidelik. Elke ander sonde wat die mens doen vind BUITE sy liggaam plaas, maar iemand wat seksueel losbandig is, vergryp hom aan sy eie liggaam. Mense wat nie volwasse is op seksueele gebied nie, is ook mense wat gewoonlik neig na egbreuk.Daar is verskeie redes vir 'n mens se neiging om buite egtelike seks te bedryf. Die mees algemene rede is die mens se smagting na aanvaarding en liefde. Dit is ook hierdie mens wat gereeld die vyand se stem hoor as hy se: "Jy is nie goed genoeg nie, "jy beteken niks" "jou sonde is te groot" ensovoorts. Maw, elke sonde wat begin word is gebaseer op 'n leuen van satan. Soos wat die mens opgroei van kind tot volwassene is daar eksterne invloede rondom jou wat jou beinvloed. Hierdie invloede vorm jou karakter en persoonlikheid. Die satan begin met 'n leuen in jou lewe in hierdie invloede en dit groei op na 'n oortuiging en het die gevolg dat ons almal onder die leuen van satan leef totdat die waarheid aan ons ge-openbaar word.
Elke sonde begin met 'n gedagte..seks buite die huwelik behels sondige denke....Seks buite die huwelik behels ook sondige praatjies... want dit wat jy dink, begin jy spreek, en dit wat jy spreek, is geestelike saad wat jy in jou geestelike lewe saai, baie van daardie saad kom vinnig op, ander saad vat weer langer.. wat jy spreek is wat sal gebeur...dit is 'n onveranderlike geesteswet,... as jy negatiwieteit en sonde spreek, dan is dit presies wat sal manifesteer in jou lewe. Dood en lewe le in die mag van die tong, en die wat dit graag gebruik sal die vrug daarvan eet. Spreuke 18:21. Ons almal lewe in die omstandighede en die gevolg van die geestelike saad wat ons in ons lewens gespreek het.
Net soos wat 'n vis bestem is om in die water te swem, so is seks vir die huwelik bestem, 'n vis wat uit die water spring op die droe grond gaan 'n tragiese belewenis he, iemand wat seks buite die huwelik bedryf, gaan ook tragiese gevolge beleef. Wat jy saai is wat jy maai. Nou goed, waarom bedryf mens seks buite die huwelik? As gevolg van die beeld van seks wat aan ons voorgehou word deur dit wat ons sien... byvoorbeeld..liefdes tonele uit 'n fliek..die kyker sien dit, dit lyk asemrowend en hy/sy begin fantaseer en nuuskierig raak daaroor. Sulke praatjies en visueele blootstelling het 'n geweldige invloed op iemand wat nog jonk van gees is. Baie mense voel minderwaardig en onbelangrik en onseker en sonder enige ware doel in die lewe. Op gedeeltelik onbewustelike vlak beskou sommige mense seks buite die huwelik as 'n manier om AANVAAR te word, JOUSELF TE BEWYS, "NODIG" te voel, en om die selfbeeld te verbeter.
As jong meisie het jy miskien NIE hierdie dinge gehad nie..dit is waarom ek graag wil weet hoe jou kinderlewe was...want dit is DAAR waar die leuen van satan begin het...maar later meer hieroor Goed.. hoe ouer jy raak hoe groter raak jou VREES vir 'n verlies aan virtiliteit en aantreklikheid, en begin sulke mense dan 'n verhouding om hulsef te oortuig dat hulle steeds seksueel begeerlik is. Dit gebeur gewoonlik wanneer die maat NIE die nodige erkenning gee teen oor die een wat die egbreuk pleeg nie.So mens soek in sy/haar verwronge denke en onrealistiese dagdromery na intimiteit en nabyheid. Die emosionele gevolg hiervan is onrus, skuldgevoelens afguns, vrees angs, onsekerheid, selfveroordeling, woede , depressie, en so loop die paadjie totdat die mens teen God begin rebelleer oor die omstandighede waarin hy/sy verkeer.
NOU, is daar 3 BAIE BELANGRIKE FAKTORE wat ek herhaaldelik gaan benadruk en ophaal met die verloop van tyd. Dit is VREES - SKULD - VERWERPING. Hoekom hierdie 3 faktore? Want dit is die OORSPRONG van AL jou probleme. Dit is 3 valse binne prentjies wat gevorm is deur die jare se invloede op jou gemoed. En soos wat die jare aangestap het, het hierdie 3 faktore in verskillende vorme begin manifesteer in jou lewe. Soos wat ons deur die berading sessies gaan sal jy die eienskappe van hierdie 3 faktore in jou lewe begin herken. Sodra 'n mens weet WAAR 'n problem vandaan kom, en WAT die problem veroorsaak, dan is dit BAIE makliker om met daardie probleem te deel en dit uit te sorteer. Ek offer geen kitsresep vir die herstel van jou probleme nie...daar bestaan nie so iets... wat ek aan jou voorhou, is lewenswaarhede en die leiding wat ek verskaf is gegrond op die waarheidsbeginsels in God se Woord.
Ek wil egter aan jou se: DAAR IS HOOP VIR JOU omstandighede, die Here WIL he jy moet weer gelukkig wees, en Hy GAAN dinge vir jou te goede laat uitwerk, as jy Sy pad volg en die herstel toe laat op SY manier. Jy is op die regte plek nou, jy is op die regte pad. Ek sal jou wys waar die lig is...stap daarheen..binne in die teenwoordigheid van ons Vader...waar alles sommer weer lewe kry, regkom en vrolik lyk. Hoe lank die pad gaan wees, sal vanjouself afhang... As jy tenvolle op God vertrou, gaan jou paadjie tot die herstel van jou omstandighede kort wees, andersins gaan jy nes die Israeliete die langpad loop. Die Israeliete het met hul uittog uit Egipte aanhoudend vir God bly wantrou, omdat hulleself nie instaat was om enige uitkoms te sien of begrip te vorm oor wat God vir hulle kon doen nie, gevolgik het dit hulle 40 jaar geneem om 'n staptog van 11 dae mee te maak. As hulle God ten volle vertou het, was hulle binne twee weke in die beloofde land gewees.VERTOU GOD VIR 'N WONDERWERK!! Hy is NOU by jou waar jy hier lees.
Ek gaan nie alles in een nuusbrief hier met jou behandel nie. Jy het tyd nodig om te absorbeer wat ek hier se.. jy het tyd nodig om daaroor na te dink. Hou die opdatering van die "Inspirational Words" dop. Dit word op 2 weeklikse basis op datum gebring. Voor ons kan verder gaan is daar sekere sake wat eers uitgeklaar moet word met die doel om die leuen van satan in jou eie lewe te ontbloot. Daarsonder sal jy nie sukses behaal in jou poging om jou huwelik of omstandighede herstel te kry nie. Om die leuen van satan in jou lewe te identifiseer, stel ek voor jy bestel die dvd by my, wat vir hierdie doel saamgestel is. Soos ons grootword, ontwikkel ons 'n magdom van vals oortuiginge oor onself.
Hierdie oortuiginge word vasgele as gevolg van alles wat met ons gebeur. Dit veroorsaak ook dat ons onself skik na wereldse standaarde en die wereld wil juis he dat ons op herdie manier na ons self moet kyk. Ons word egter geroepe in ROMEINE 12:2 om nie toe te laat dat die wereld 'n negatiewe invloed op ons het nie. Hierdie vals oortuigings is so deel van ons menswees dat ons in sekere situasies onsself en ander benadeel en seermaak. Hoeveel keer het jy al vir jouself gese: "Hoe kon ek so simple gewees het?" Of "Hoe kon ek so onnosel gewees het?" of "Ek voel soos 'n regte loser....Of "Niks wil ooit reg uitwerk nie" Probeer om 'n slegte situasie te onthou waarin jy jouself onlangs bevind het...skryf dit neer...en skryf neer hoe jy gevoel het Het jy soos 'n mislukking gevoel? Het jy verwerp gevoel? Het jy skuldig gevoel? Het jy skaam en nikswerd gevoel? Dit maak nie saak wat jy gevoel het nie, alles word bepaal deur 'n valse persepsie of beeld wat jy van jouself het.
Daar is hoofsaaklik drie vals prentjies wat mens in jou binneste rondra: BANG = "Ek is bang vir mislukking en verwerping" SKULDIG = "Ek is skuldig en verdien om gestraf te word" NIKSWERD = "Ek is nikswerd en skaam vir myself" HIERDIE DRIE VALSE PRENTJIES WORD DEUR DIE LEUEN VAN SATAN IN JOU TOT STAND GEBRING. So lyk satan se modus operandi in die lewe van die mens: VREES>SKULD> VERWERPING> NIKSWERD> DEPRESSIE> VERSLAWING> ONTEVREDENHEID> WOEDE> REBELLIE TEEN GOD> SELFMOORD DIE drie valse binneprentjies lei tot die volgende 4 valse oortuigings:
1.Ek moet aan sekere standaarde voldoen om goed oor myself te kan voel.
2. Ek moet deur sekere ander mense aanvaar word om goed oor myself te kan voel.
3. Diegene wat misluk (insluitende myself) verdien geen liefde nie en moet gestraf word.
4. Ek is wat ek is. Ek kan nie verander nie. Ek is 'n hopelose mens en ek is skaam vir myself.
DIT IS BELANGRIK DAT JY JOU DENKE SAL VERNUWE. ONS KAN GOD TOELAAT OM ONS DENKE TE VERANDER NA DIE WAARHEID VAN SY WOORD. IN DIE VOLGENDE SEWE DAE WAT VOORLE WIL EK HE DAT JY ELKE OGGEND DIE VOLGENDE WOORDE SAL BID: HERE VERANDER MY!! DIT IS NET 3 WOORDTJIES WAT JY MOET SPREEK SOGGENS....KAN JY DIT DOEN? DIT IS BAIE MOEILIK OM SO IETS TE SPREEK WANT DIE SATAN GAAN IN JOU GEDAGTES SY BES PROBEER OM JOU TE ONTMOEDIG OM DIT TE DOEN MAAR DOEN DIT ASB. DIT IS VAN KARDINALE BELANG NOU WAT IS JOU POSISIE DAN AS BOGENOEMDE ALLES VALS OORTUIGINGS VAN DIE SATAN IS? WEL DIT IS AS VOLG:
BANG = LIEFDE (Asgevolg van God se liefde is ek met Hom versoen en is ek ten volle vir God aanvaarbaar en deur Hom aanvaar. Ek hoef dus nie langer bang te wees vir mislukking of verwerping nie.)
SKULDIG = POSISIE (As gevolg van my posisie saam met Christus aan die kruis, het Hy my straf gedra. Ek hoef dus nie langer bang te wees vir straf of ander te straf nie)
NIKSWERD = Deur die wedergeboorte is ek splinternuut en vomaak en is my waarde in Christus herstel. Ek hoef nie langer hopeloos of skaam te voel nie. ONTHOU!!! HIERDIE NUWE DENKE MOET JY BEGIN SPREEK EN GLO...EN SODOENDE SAL JY DIE VALSE OORTUIGINGS WAT JY VIR JARE ;LANK IN JOUSELF GEKOESTER HET, BEGIN WEGDRYWE...EN DIT NEEM TYD...MENS KAN NIE OORTUIGINGS WAT DEUR JARE GEVORM IS MET DIE EERSTE OPSLAG WEGSPREEK NIE..DIT IS 'N NUWE DENKRIGTING WAARAAN JY JOUSELF SAL MOET GEWOOND MAAK.( A CHANGE OF MINDSET)
JY HET NOU 'N KEUSE:
1. Gaan ek my denke gelyk stel aan die patron van hierdie wereld?maw dat "goeie christene nie problem of gevoelens soos ek het nie? (wanneer jy DIT glo, ontken jy dat jou eie emosionele pyn bestaan)
2. Of gaan jy jou denke vernuwe soos wat God dit beveel in sy woord? Raak nou stil voor God en bid. Vra die heilige Gees om jou te help om objektief na jou lewe te kyk en iemand op jou pad te bring wat jou kan bystaan Vra die Here om leiding in die volgende areas van jou lewe:
1 Om jou te help om eerlik te wees met jouself
2 Om jou te help met jou genesings proses
3 Om God se waarheid te ken en in jou lewe toe te pas
4 Om iemand te kry met wie jy kan deel en wat vir jou sal bid. Jy sien, 'n mens wat emosioneel gewond is, is sekerlik een van die moeilikste mense om geestelik te groei en positief te dink in daardie omstandigheid.
Die mens is geneig om selfbejammering te bedink. Maar God het in byvoorbeeld in Sy genade aan my gedink en ek is daardeur! Die mens moet nie altyd dink dat dit asgevolg van sy eie sonde is, dat hy deur beproewings gaan of dat die duiwel toestande van dood in sy huis inbring nie. In Esegiel 37:11 staan geskrywe: Toe sê Hy vir my: Mensekind, hierdie bene is die hele huis van Israel. Kyk, hulle sê: Ons bene is verdor, en ons verwagting is verlore; dit is klaar met ons! Die HELE huis beteken jy..ek..die Ags…die Babtiste...die NG Kerk lidmaat....die Doppers…die Jode…almal…elke kind van God…. Ons almal kom op ‘n stadium waar ons se “ons verwagting is verlore…daar is nie meer hoop vir hierdie saak nie… Uit hierdie skrifgedeelte blyk dit dat God dus deeglik daarvan bewus is dat Sy kinders situasies ervaar waar hulle alle hoop verloor het en waar daar geen uitkoms vir 'n saak is nie. Hy sê egter vir ons in Johannes 16:33; "Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.
Jou situasie is dus normaal, jy gaan probleme ervaar, jy gaan weer sondig mense gaan jou te na kom en teleur stel, die vyand gaan alles in sy vermoeë doen om jou lewe so ongelukkig as moontlik te maak, MAAR, die Here gee Sy belofte dat Hy ons sal help en vir ons genesing en hertsel sal bring. Wat belangrik is, is dat ons NIE negatief sal spreek oor ons omstandighede nie, maar dat ons lewe in daarin sal spreek. Daar is egter iets wat ons moet doen, luister wat sê God se Woord in Esegiel 37:4-5 "Daarop sê Hy vir my: Profeteer oor hierdie bene en sê vir hulle: Dor bene, hoor die woord van die HERE! So spreek die Here HERE tot hierdie bene: Kyk, Ek bring gees in julle in, sodat julle lewendig kan word" Die Woord van God belowe ons dus dat as ons profeteer oor ons dooie toestande, oor die toestand van hopeloosheid in ons omstandighede, dat hy sy lewendmakende gees daarin sal stuur en lewe bring.!!!
Hy sal herstel bring, Hy sal genesing bring, Hy sal uitkomste bring, Hy sal jou omstandighede verander! Wie is die Lewendmakende Gees? Christus Jesus. In 1Korinthiers 15:45 is daar ook geskrywe: "Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees" Wanneer sal die Lewendmakende Gees, herstel, genesing, en oplossings in jou toestand van dood in jou huis, huwelik, besigheid, finansie, bring? Die oomblik wat jy daaroor profeteer!! In Johannes 5:25 staan geskrywe: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die dode die stem van die Seun van God sal hoor; en die wat dit gehoor het, sal lewe. Maw die wat dit NIE gehoor het nie? Sal NIE lewe nie. Watter waarborg het ons dat dit wel sal gebeur?
In Phillipense 2-9-11 staan geskrywe " Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader. Met ander woorde, maak nie saak wat die naam van jou dode toestand is nie, of die naam nou "egskeiding" is of "geldelike probleme", of "siekte", of "geen deurbraak", of “verslawing” of “trauma” is nie…. AL daardie name sal moet BUIG voor die NAAM van die Lewendmakende Gees van Jesus Christus!! Die oomblik wat jy oor jou omstandighede gaan begin profeteer, sal die dode / toestande van dood, in jou lewe,die stem van God hoor, die stem van die Lewendmakende Gees En die oomblik wat dit God se stem hoor, sal daar lewe in daardie toestand van dood, toestand van geen hoop, toestand algehele van mislukking, toestand van siekte kom.
Onthou, die negatiewe dinge wat jy voorheen gespreek het, is geestelike saad wat jy geplant het in jou lewe. Daardie saad kom op, en bes moontlik leef jy nou in 'n toestand waar jy die vrug van jou tong ervaar. Dood en Lewe lê in die mag van die tong, en die wat dit graag gebruik sal die vrug daarvan eet. Dit is 'n geestes wet!! Jy sal die vrug eet van die dinge wat jy gespreek het oor jouself, oor jou omstandighede. Dit staan so geskryf in Spreuke 18:21 Dinge soos, "ag ek sal seker maar altyd 'n armgat bly", of dit help nie om te bid nie" of "my gebede word nie gehoor nie", of "ag dit werk nie", of ag daar is tog niks wat iemand vir my kan doen nie", of "dit is hopeloos", dit is alles praatjies wat dood en toestande van dood en hopeloosheid in jou lewe bring, want daardeur beveel jy in werklikheid die satan en sy demoniese magte, om daardie toestande in jou lewe in te bring!!
In pleks van God se stem te hoor wat LEWE spreek in jou toestand…waste stem hoor daardie toestand? Die stem van die NEGATIEWE..en weet jy wat? Hy luister..hy MOET luister want dit is ‘n geesteswet….hy word gedwing om jou bevele, jou spraak te laat manifesteer… Nou se God dat ons in plaas van dood…LEWE moet spreek sodat die toestand DAARNA kan luister. Hoekom doen ons dit?? Hoekom het ek dit gedoen?? Wanneer gaan ons begin om God werklik te glo? Onthou, die vyand kan NIKS doen in jou lewe, wat jy hom nie toelaat om te doen nie. Hy het geen mag oor jou nie, behalwe dit wat jy hom toelaat. Jou stryd is nie teen jou omstandighede nie, dit is teen die owerhede, die magte, die bose geeste, en die heersers van die duisternis. Waar is hulle? Die Bybel sê hulle is in die lug.
Is hulle op die aarde? nee, hulle is in die lug, in die geestelike dimensie. Hoe kom ek in kontak met die geestelike dimensie? Deur my gedagtes, gedagtes word woorde, en woorde lei tot dade en omstandighede. Wat is die aard dan van jou stryd waarvan die Bybel praat? Dis in jou gedagtes, jou stryd is geestelik van aard. Hoekom word dit 'n stryd genoem? Dit word so genoem omdat die mens moeite het om God se beloftes te glo en te spreek, en omdat die mens sukkel om te onderskei tussen die stem van God en die stem van die vyand wat ook in sy gedagtes in spreek.
Hoekom sukkel ons om onderskeid te tref tussen die twee stemme? Omdat ons die Woord van God nie ken nie, en ten gronde gaan weens gebrek aan kennis. As ons die Woord van God geken het, sou ons elke stem toets aan die Woord , en sou ons dadelik geweet het of die Woord van God afkom of van die vyand af. As die stryd in ons gedagtes is, hoe weet ons wat is God se wil vir ons lewens? Jeremia 29:11 " Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee." VROU, HOU OP om hierdie dinge oor jouself te dink en te spreek!! Dit is hoekom jy in dieselfde situasie sal bly, jy sal nie daaruit kom nie!! Dit is 'n geesteswet! Dit is onveranderlik, en sal so bly, totdat jy begin lewe spreek, positiewe dinge spreek.
Jy moet dus begin profeteer oor jou toekoms, dag vir dag vir dag. Spreek lewe oor jou omtsandighede, en hou vol daarmee TOTDAT hierdie nuwe saad wat jy geplant het begin opkom en vrug dra. En God sal jou saad vermeerder!! In Esegiel 36:29 staan geskrywe: En Ek sal julle verlos van al jul onreinhede; en Ek sal roep na die koring en dit vermenigvuldig, en Ek sal geen hongersnood op julle lê nie. Ek was byvoorbeeld platsak, en het geld dringend nodig gehad. Ek het deurbrake in my bediening dringend nodig gehad. Na baie gebed, tantrums, kla en vra en lofsang voor ons Meester, het God vir my 'n persoon 6 ure later gestuur om my finansies te verbeter. Maand vir maand het ek geen geld gehad vir kruideniersware nie, en maand vir maand het ek begin profeteer, en het God elke maand my koskaste volgehou, en byna op twee weeklikse basis, vir my geld gestuur waarmee ek die nodige kon aankoop.
Deurbrake in die bemarking van my bediening en beradingspraktyk, het begin manifesteer en stadig maar seker het die pad vorentoe verlig geraak. Vrede en blydskap was die vernaamste dele van die vrug van die Gees wat nie gereeld by my teenwoordig was in hierdie onstuimige tydperk nie. Die einde van hierdie hartseer tydperk het op 'n verrassende en Goddelike manier ten einde geloop en my lewe sou nie weer dieselfde wees nie.Ek het slegs in verwondering kon toekyk hoe God verbasende veranderings teweeg gebring het. Dit wat in die laaste dae, van my beproewingstydperk gebeur het, was direk van God af gestuur soos weergegee in Psalm 57:4 " Hy sal uit die hemel stuur en my verlos terwyl hy wat my vertrap, my smaadheid aandoen. Sela. God sal sy goedertierenheid en sy trou stuur..." Groete in Christus









