Genoeg is Genoeg

Meer as 20-eeue gelede, het Jesus Christus die verborge geheime van God, aan die mens geopenbaar. Onkunde is egter die oorsaak dat baie mense steeds nie in oorwinning lewe nie. Die langtermyn doelwit van hierdie boek, is om uiteindelik nuwe insigte te verky oor die moontlikheid van deurbraak in die geloofslewe.
Die finale uitkoms behoort te lei tot die optimale ontwikkeling en intergrasie van ‘ n oorwinningslewe soos Jesus Christus oorspronglik bedoel het dit moes wees. Relevante teoretiese benaderings met betrekking tot die onderwerp, was ondersoek en word kortliks vermeld, maar die boek handel hoofsaaklik oor persoonlike ervaringsmatige kennis wat deur die skrywer opgedoen is of waarvan die skrywer ‘ n ooggetuie was.
Die oorsaaklike fakor wat gelei het tot die skryf van hierdie boek, is gebasseer op lesse en foute waaruit geleer is, en wat daarop gerig is om nuwe en verbeterde insigte en begrip te skep rondom die behoefte van ‘ n lewe in ware oorwinning. Die titel van die boek is dan ook daarop gerig om die probleem in sy wese aan te spreek, en te sê: Genoeg is genoeg, dit is tyd om antwoorde te vind vir vrae soos;
Waarom kon nog niemand die afgelope twee duisend jaar groter wonderwerke as Jesus Christus verrig nie of waarom gaan dit met die een mens goed en met die ander mens sleg terwyl beide kinders van God is?
Hoe werk Outoriteit en Gesag in die Geesteswêreld?
Waar is God te vinde en wat is die betekenis van gebed?
Wie is satan en waar kom hy vandaan?
Daar is ‘ n groeiende behoefte aan ware oorwinningslewe, want gemeet aan die waarheidsbeginsels in God se Woord, voldoen die huidige christelike lewe beslis nie aan die geestelike behoefte van die hedendaagse gelowiges nie en nog minder is dit van enige aantrekkingswaarde vir die ongelowige.
Die wetenskap sal altyd ‘ n proses van ontwikkeling en soeke na vakverwante waarhede bly. Deur middel van my geloofsgefundeerde skriftuurbeskouing, en deur praktiese voorbeelde van werklike gebeure, wil ek bewys dat dit wel moontlik is om lewensproblematiek hetsy in die verlede, hede of toekoms, suksesvol aan te spreek, sodat die gelowige op ‘ n unieke wyse instaat gestel word, om sy/haar potensiaal in Jesus Christus te ontwikkel en oorwinning in sy/haar skeppingsdoel te bereik.
Dit is die enigste wyse waarop die wêreld oortuig kan word dat dit die moeite werd is om ‘ n dissipel van Jesus Christus te wees. Gelowiges moet instaat wees om sigbaar te demonstreer dat Jesus Christus ‘ n werklikheid is en die moeite werd is om te dien.

Genoeg is genoeg beskrywing van boek

Tydens die skryf van hierdie boek het ek besef dat problematiek wat ontstaan in gebedservaringe, nie uniek is nie maar dat talle ander gelowiges dieselfde vrae en probleme te kampe sit, wanneer die Heilige Gees die mens begin oortuig van sonde.
Die groot les wat ek hieruit geleer het, is dat mens jou kennis deur studie moet uitbrei, en jou afhanglikheid van die Heilige Gees moet besef om groter insig te verky oor ‘ n saak.
Die kwantiteit van my bevindings word begrond in die begrip en interpretasie van die inligting wat ek vanaf die Heilige Gees ontvang het en self op die proef gestel is. Gevolglik moet die inhoud van hierdie boek nie in 'n hoptetiese lig beskou word nie. Die verlede behoort tot die satan, die hede tot die mens, en die toekoms tot God.
Genoeg is genoeg handel oor gebeds-ervaringe, oor wanneer en hoe God gebed beantwoord. Die boek is ‘ n weergawe van realiteitsgebeure en die duur lesse wat ek eers na 25 jaar se swaarkry, moes leer alvorens daar vir my deurbraak begin kom het. Boekomslag Genoeg is Genoeg
(Click picture to enlarge)
Spesiale dank aan die Heilige Gees wat ook die outeur is van hierdie boek, en wat my bygestaan het in hierdie groot maar baie interessante studieveld.
Ek is slegs Sy spreekbuis en instrument waarmee Hy God se waarheidsbeginsels aan ons oordra. Sonder Sy leiding en verligting van my verstand sou die skryf van hierdie boek nie moontlik gewees het nie.
Price: R100.00