Uit liefde vir jou huisgesin
| 91% Getroude vroue het 'n behoefte aan werklike kameraadskap in die huwelik en 29% mans is bereid om dit aan hul vrouens te verskaf. Die gevolg is dat daar onvervulde leemtes in die vrou se lewe is. | ||
Hierdie boek is spesiaal vir getroude mans geskryf. Die boek handel oor hoe om te voorkom dat 'n situasie binne jou huwelik ontstaan, wat sal lei tot 'n onkeerbare verbrokkeling in die verhouding tussen jou en jou gesin. | ||
Die riglyne wat hier verskaf word, het sy oorsprong hoofsaaklik uit drie bronne.
| ||
| Dikwels lei die situasie van onvervulde behoeftes, tot 'n gebrek aan kommunikasie binne die huwelik en vervreem die paartjie ast'ware van mekaar oor 'n tydperk, totdat die een of ander gebeurtenis die vrou se diep verborge gevoelens na vore bring en dan volg 'n stormagtige tydperk waarin beskuldigings oor en weer geslinger word en in die meeste gevalle uiteindelik uitloop op 'n egskeiding. | ||
Die hoofoorsake van vroue se besluit om te skei word vervat in:
| ||
| In hierdie boek gaan ons dus nie net kyk na die man se aandeel in die verbrokkeling van 'n verhouding nie, maar ons gaan ook na die vrou se behoeftes kyk, en vasstel waarom daardie behoefte van haar nie vervul word nie. Bitter min vroue sal ontrou raak teenoor haar man, slegs omdat sy aan haar wellus geen keer kan plaas nie. | ||
| Daar is dikwels 'n grondige rede agter die vrou se motivering om uit die huwelik weg te breek. Baie van hierdie redes, kan egter mee gehandel word indien dit betyds ge-identifiseer word as 'n werklike las op haar skouers en die onvervulde behoeftes wat daarmee gepaard gaan. Ook by die man is daar dikwels 'n behoefte wat ontstaan het asgevolg van 'n onrealistiese verwagting wat hy jeens sy vrou koester. | ||
| Meneer, as jy jou in 'n situasie bevind wat dui op huweliksprobleme, en jy erns wil maak met jou huwelik en die herstel van jou verhouding met jou vrou, dan moet jy asseblief hierdie boek lees. Indien jy nie belangstel om jou huwelik te verbeter nie, maak dan die boek net hier toe. | ![]() (Click picture to enlarge) | |
| In hierdie boek praat ek reguit en op die man af met die getroude mans. As hier gedeeltes is wat nie op jou van toepassing is nie, gaan daar verby. Hierdie boek is 'n manne boek waarin daar nie doekies omgedraai word nie. | ||
| Dit is 'n "raas" boek in liefde, maar wat reguit tot die hart van menige getroude mans sal spreek en lei om die regte besluite te neem om te verander wat nodig is om te verander. | ||
| ||








